Mossie's Nest is 'n ruim eenheid op die eienaar se sonnige erf in die pragtige, bergagtige Ficksburg.
Die eenheid bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders en het 'n dubbelbed. Reëlings kan vir ekstra matrasse vir kinders getref word. Die badkamer het 'n bad, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuisie is met 'n twee plaat stoof/klein oond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n knus sitarea met 'n TV met Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die eenheid is stapafstand vanaf 'n restaurant, koffiewinkel en 'n kroeg en net om die draai vanaf 'n vulstasie met 'n winkel wat 24 uur per dag oop is.